Dus was Bloomsburry die oorsprong van noemenswaardige
individue. Om net ‘n paar te noem is Virginia Woolf, Charles Dickens, Charles
Darwin en W.B. Yeats.
Virginia Woolf se suster Vanessa Bell ‘n interieur ontwerper, het saam met Virginia in Bloombury gebly. Vanessa, haar man (Clive Bell, ‘n kunskritikus) en klomp vriende het die Bloomsburry Group gestig. Hierdie groep het bymekaar gekom om idees uit te ruil en inspirasie te deel. Twee van hulle gunsteling plekke om bymekaar te kom was in die platteland. Die een is die Charleston Farmhouse, geleë naby die dorpie Firle in Oos Sussex. Die ander is Monk’s House in die dorpie Rodmell, ook in Oos Sussex.
Die vervelige sewentiende eeuse plaashuis was vanaf 1916 getransformeer
in ‘n dekoratiewe meesterstuk vir die era deur die unieke dekor idees en styl
van Vanessa en haar tydgenote.
Annie Sloan was uitgenooi deur die Charleston Trust om in
‘n samewerking met hulle, haar nuwe kleure vanuit die unieke interieur te kry,
IN die kamer van Vanessa, is haar klere kas deure met ‘n sirkel motief in dié wonderlike mosterd geel geverf.



Comments
Post a Comment