Bloomsbury is die naam van ‘n distrik in die “ West End ” deel van Londen. Dié distrik spog met ‘n lys van....wel spoggerige institusies soos universiteite en collages, museums en biblioteke, kerke, “ parks ” en “ squares ”, hospitale en ander prag argitektuur. Dus was Bloomsburry die oorsprong van noemenswaardige individue. Om net ‘n paar te noem is Virginia Woolf, Charles Dickens, Charles Darwin en W.B. Yeats. Virginia Woolf se suster Vanessa Bell ‘n interieur ontwerper, het saam met Virginia in Bloombury gebly. Vanessa, haar man (Clive Bell, ‘n kunskritikus) en klomp vriende het die Bloomsburry Group gestig. Hierdie groep het bymekaar gekom om idees uit te ruil en inspirasie te deel. Twee van hulle gunsteling plekke om bymekaar te kom was in die platteland. Die een is die Charleston Farmhouse , geleë naby die dorpie Firle in Oos Sussex. Die ander is Monk’s House in die dorpie Rodmell , ook in Oos Sussex. Die vervelige sewentiende eeuse plaashuis was vanaf 1916 getransformee...
Musings from the artist in 21 on Market Street